Vraag: Ek werk sonder 'n dienskontrak. Is dit wettig?
Antwoord: Daar is nie ʼn algemene vereiste in ons arbeidsreg dat ʼn werknemer ʼn formele dienskontrak moet hê wat alle aspekte van die diensverhouding reguleer nie. Alle persone wat as werknemers geag word ingevolge artikel 83A van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, artikel 200A van die Wet op Arbeidsverhoudinge, en die gemenereg, geniet die beskerming … Lees meer
Wat is die rol van ’n voorsitter?
Wat is die rol van ’n voorsitter in ’n dissiplinêre verhoor? Die rol van die voorsitter: Die persoon wat die bewerings teen ’n werknemer/s oorweeg en enige reaksie hierop oorweeg, dikwels verwys na as die voorsitter, moet vry van vooroordeel teen die betrokke werknemer/s wees en moet ’n oop kop hou voordat hulle enige … Lees meer
Aftrede
Aftrede: Gelyktydige eise ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Gelyke Indiensneming Normaalweg word net een eis toegelaat ingevolge ʼn spesifieke eisoorsaak en/of handeling, maar in hierdie artikel bespreek ons die uitsonderlike geval waar ʼn werknemer ʼn gelyktydige eis in die geval van ʼn spesifieke ontslagdispuut kan instel. Volgens artikel 187(1)(f) … Lees meer
Kinderakteurs
Hoekom is daar kinderakteurs as kinders onder die ouderdom van 15 jaar nie mag werk nie? Ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes word die aanstelling van kinders onder die ouderdom van 15 jaar verbied. Daar is wel een uitsondering: kinderakteurs. Ingevolge Sektorale Vassteling 10: Kinders in die Verrigtinge van Advertering, Artistiese of Kulturele Aktiwiteite, Suid-Afrika, … Lees meer
My werkgewer wil my geld vat sonder dat ek 'n sê daaroor het
My werkgewer wil my geld vat sonder dat ek ʼn sê daaroor het. Hoe wettig is dit? Hy sê ek skuld hom geld omdat daar van die voorraad weggeraak het en ek moet ʼn skulderkenning teken. Artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes Nr. 75 van 1997 maak voorsiening vir aftrekkings en ander … Lees meer
Mag 'n arbeidskonsultant 'n party by die KVBA verteenwoordig?
Reël 25 van die KVBA bepaal wie ʼn party by versoenings- en arbitrasieverrigtinge van die kommissie mag verteenwoordig. In die geval van versoeningsverrigtinge mag die werkgewerparty verteenwoordig word deur ʼn werknemer of ʼn direkteur (as die werkgewer ʼn maatskappy is) en in die geval van ʼn beslote korporasie (BK) kan die werkgewer deur een … Lees meer
Afleggings en alternatiewe poste
My werkgewer is besig met afleggings, en het vir my ʼn alternatiewe pos aangebied teen dieselfde vergoeding. Ek het gehoor dat indien ek die alternatiewe pos onredelik weier kan ek moontlik my afleggingspakket verloor. Ek wil graag weet wat is my regsposisie in hierdie geval? Artikel 41 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (voortaan verwys … Lees meer
Hoe word my aftreeouderdom bepaal?
Hoe word my aftreeouderdom bepaal wanneer my aftreeouderdom nie in my dienskontrak aangedui word nie en my werkgewer ook nie ‘n geskrewe beleid het aangaande ‘n aftreeouderdom nie? Artikel 187(2)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge (No. 66 van 1995) bepaal dat die beëindiging van ‘n werknemer se diens, gebaseer op die werknemer se ouderdom, regverdig … Lees meer
Die effek van waarskuwings
Die effek van waarskuwings of vorige veroordelings op ʼn straf ʼn Finale waarskuwing kan gegrond word op die erns van ʼn oortreding, maar dit kan ook op sigself gebruik word om ʼn finale waarskuwing te regverdig of dit kan deur vorige waarskuwings geregverdig word. Daar word vereis dat slegs vorige waarskuwings wat ten opsigte van … Lees meer
Kennisgewing van werknemer oor oortyd
Is ʼn werknemer verplig om ʼn werkgewer in kennis te stel as hy of sy oortyd gaan werk? Artikel 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes handel oor oortyd en stipuleer die volgende: “’n Werkgewer mag nie van ʼn werknemer vereis of toelaat om: oortyd te werk nie, behalwe per ooreenkoms; meer as tien (10) … Lees meer