Deur dr. Eugene Brink
Die reg het baie vertakkings, waarvan handelsreg ʼn baie belangrike dog komplekse een is.
Dit is nie die maklikste vraag nie, maar wat is handelsreg? VZLR-prokureurs in Pretoria sê “handelsreg verwys na die regsbeginsels wat in die sakewêreld toegepas word en dit het betrekking op mense en entiteite wat by besigheid en handelstransaksies betrokke is”.
José Rivera, besturende redakteur van Legalmatch.com, sê handelsreg reguleer mense, handelaars en besighede wat by handel, verkope en koophandel betrokke is. Dit staan ook as besigheidsreg bekend en dit is ʼn breë area in die reg wat in wisselwerking is met baie ander areas van die reg, soos omgewingsregulering, eiendom, en voedsel- en veiligheidswette.
Melanie Louw, die hooftutor by die Universiteit van Kaapstad se aanlyn kort kursus in Kontrak- en Handelsreg, sê daar kan ook na handelsreg as maatskappyereg of handelsreg verwys word. “ Handelsreg het spesifiek te doen met die idee van koopmanne en handelaars omdat maatskappyereg spesifiek te doen het met diegene wat betrokke is by ruilhandel en transaksies, hetsy dit vir produkte of dienste is. Enige tyd wanneer goedere of dienste verkoop of gekoop word, moet handelsreg naas kontrakreg as belangrik beskou word.
“As jy kyk na ʼn loopbaan in handelsreg en kontrakreg, het jy spesifiek te doen met wetgewing wat op enige saketransaksie tussen enige organisasie en sy kliënte betrekking het.”
Volgens VZLR strek die handelsveld van die reg wyd, van die gewone verkoop van goedere in ʼn winkel tot groot samesmeltings en verkrygings deur en tussen multinasionale korporasies. Daarbenewens vereis maatskappyereg omvattende vaardighede en prokureurs wat in hierdie veld spesialiseer, moet van baie fasette van die reg kennis dra.
Handelsreg word op sy beurt in verskeie subvelde verdeel. Dit sluit in maatskappyereg, korporatiewe bestuur, mededingingsreg (antitrust), verbruikerbeskerming, kontrakreg, omgewingsreg, intellektuele-eiendomreg, kopiereg, patentreg, handelsmerkreg, internasionale handelsreg en arbeidsreg.
Dit belangrik om te verstaan dat handelsreg nie in isolasie optree nie. Dit oorvleuel met baie ander areas soos belastingreg, strafreg en trustreg.
Rivera sê handelsreg het betrekking op enkele duidelike regskwessies, waarvan kontrakbreuk die belangrikste is. Transaksies tussen besighede en kliënte betrek dikwels ʼn kontrak en dit gee dikwels aanleiding tot regskwessies in verband met die bepalings van die kontrak. Kontrakbreuk kan beduidende verliese vir albei partye veroorsaak.
Ander regskwessies en dispute sluit in:
Die werk omvat ʼn aantal aspekte, die opstel van koop-, voorsienings- en verspreidingskontrakte en ooreenkomste met betrekking tot eiendomsontwikkeling, die praksering van finansierings- en befondsingsooreenkomste, sowel as vennootooreenkomste.
Bronne
LegalMatch, 2021, “Commercial Law”, https://www.legalmatch.com/law-library/article/what-is-commercial-law.html.
Melanie Louw, 2021, “What is commercial law all about?”, https://www.getsmarter.com/blog/career-advice/commercial-law-faqs/.
Oops! We could not locate your form.