Die effek van waarskuwings of vorige veroordelings op ʼn straf
ʼn Finale waarskuwing kan gegrond word op die erns van ʼn oortreding, maar dit kan ook op sigself gebruik word om ʼn finale waarskuwing te regverdig of dit kan deur vorige waarskuwings geregverdig word. Daar word vereis dat slegs vorige waarskuwings wat ten opsigte van soortgelyke oortredings gegee is, in berekening gebring word. Die huidige en vorige waarskuwings kan nogtans aantoon dat die gedrag van die betrokke werknemer ʼn bepaalde patroon handhaaf wat die voortsetting van die werkverhouding beïnvloed.
Wanneer ʼn oortreding soortgelyk is aan ʼn ander oortreding, moet dit in die lig van die konteks van die betrokke oortreding bepaal word. ʼn Werkgewer kan oor die algemeen by besluitneming oor ʼn toepaslike straf vir of optrede weens ʼn oortreding slegs die vorige oortredings in ag neem mits daar ʼn verband is tussen die huidige en vorige oortredings.
Dissiplinêre kodes groepeer oortredings in kategorieë, maar die hof kan die oortreding in ʼn ander kategorie plaas. Waarskuwings wat gegee is ná die pleeg van ʼn betrokke oortreding kan gewoonlik nie by ʼn dissiplinêre verhoor ná die voorafgaande oortreding in oorweging geneem word nie.
Waar ʼn waarskuwing by die oorweging van ʼn straf ter sake is, kan die werknemer nie daarteen appelleer nie en ook nie die omstandighede daarvan aan die hof voorhou ten einde ʼn betoog vir nie-ontslag te fundeer nie.
Outeur: Lucindi van Zyl
Oops! We could not locate your form.