Interne grieweprosedure
Alle interne remedies moet uitgeput wees voordat ʼn saak vir diskriminasie, onbillike arbeidspraktyk of viktimisasie verwys kan word. Die grieweprosedure moet gevolg word as daar ontevredenheid heers oor die besluit van ʼn werkgewer. Indien die grieweprosedure nie die wenslike inligting verskaf nie, kan ʼn versoek om toegang van inligting/rekords ingedien word. Alhoewel die grieweprosedure die proses is waardeur werkgewers inligting aan werknemers bekend moet maak, is dit nie ongewoon dat griewe onafgehandel bly en/of geensins hanteer word nie.
Die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting
(Soos vervat in die gids van die Menseregtekommissie)
‘Die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (No. 2 van 2000) (hierna uitruilbaar genoem die “WBTI”, of “die Wet”) is die nasionale wetgewing wat verorden is omuitvoering te gee aan die grondwetlike reg van toegang tot inligting. Die WBTI het op 9 Maart 2001 in werking getree, met die uitsondering van artikels 10, 14, 15 en 51, wat op 15 Februarie 2002 in werking getree het.
Die WBTI verleen aan alle Suid-Afrikaners die reg van toegang tot rekords wat deur die staat, staatsinstellings en privaat liggame gehou word.
Die WBTI streef die bereiking van die volgende oogmerke na:
Wyse van versoek
‘n Versoeker het ‘n reg van toegang tot ‘n rekord van ‘n openbare liggaam of ‘n privaat liggaam en moet toegang tot ‘n rekord van ‘n openbare liggaam of privaat liggaam verleen word indien die versoeker aan die volgende prosedurele vereistes voldoen:
Hoe om die versoekvorm in te vul – openbare en privaat liggame
‘n Versoek om toegang tot ‘n rekord van ‘n privaat of openbare liggaam word gerig deur ‘n vorm genaamd ‘n versoekvorm in te vul. Die versoek moet aan die inligtingsbeampte van die openbare liggaam of die hoof van die privaat liggaam gerig word by sy adres, faksnommer of elektroniese posadres.
Op die versoekvorm word daar van die versoeker vereis om die volgende inligting te verskaf:
Hierdie wetgewing word onderbenut hoewel dit ongelooflik baie mag in die hande van die werknemer plaas. Dit is nie ongewoon dat redes vir die nie-aanstelling en/of bevordering van individue geheim gehou word nie, weens die feit dat die werkgewer daarvan bewus is dat sou die redes aan die lig kom, hulle moontlike litigasie in die gesig kon staar.
Oops! We could not locate your form.