Deur Sanette Viljoen
Antwoord: Daar moet altyd eers bevestig word of daar wel ʼn geldige huwelik bestaan. Dan, tweedens, of die na-huwelikskontrak die huweliksgoederebedeling geldig kon verander.
Om te bepaal of jou huwelik wel ʼn geldige huwelik is, moet daar gekyk word na verskeie wette se vereistes. Dit sal raadsaam wees om in hierdie geval jou prokureur te nader. In die bogenoemde feitestel word aanvaar dat Jan en Sannie se huwelik wel geldig is.
Die vraag is dan of die kontrak wat hulle gesluit het wel hul huweliksgoederebedeling geldig kon verander op ʼn wyse waaraan uitvoering gegee moet word as hulle skei.
Die konstitusionele hof moes onlangs bepaal of ʼn na-huwelikskontrak, wat buite die hof se toesig aangegaan is, die huweliksgoederebedeling geldig kan verander. Daar is bevind dat tuisopgestelde kontrakte nie geldig en afdwingbaar is indien ʼn hofbevel dit nie bekragtig nie.
Die hof het bevestig dat die enigste manier waarop getroude paartjies hul huweliksgoederebedeling geldig kan verander, is om die hof te nader ter nakoming van artikel 21 van die Wet op Huweliksgoedere.
Dit sal dus raadsaam wees om jou prokureur te vra om jul na-huwelikskontrak deur die hof te laat bekragtig om sodoende jul huweliksgoederebedeling geldig te verander.
Oops! We could not locate your form.