Jou etenstyd

Deur Leandri Streit  Vraag Wat sê die reg oor jou etenstyd? Antwoord Werknemers is soms onseker oor hul regte en verpligtinge wat hul etensuur betref. In hierdie opsig hanteer die Wet op Basiese Diensvoorwaardes die aangeleentheid volgens ʼn inkomstedrempel; tans is dit R205 433,30 per jaar of ongeveer R17 120,00 per maand. Indien jy meer as dit […]

Lees meer.

Korttyd en die verwysing van ’n dispuut na die KVBA

Deur Hendrik van der Hoven Vraag Ek as werknemer is deur my werkgewer vir ʼn onbepaalde tyd op korttyd geplaas. Is dit moontlik om ʼn dispuut na die KVBA te verwys of is ek gedwing om ʼn kontraktuele eis na die arbeidshof te verwys? Antwoord As gevolg van ʼn werktekort is die applikant-werknemer deur die […]

Lees meer.

Dubbele blootstelling-beginsel

Deur Rizelle Botha Vraag Kan ʼn werknemer wat onskuldig bevind is weer op dieselfde klagte aangekla word? Antwoord Hierdie beginsel (die sogenaamde “double jeopardy”- of dubbele blootstelling-beginsel) het onlangs onder die loep gekom in die saak van Solidarity obo Coetzer/ Forbes Coal (Pty) Ltd t/a Buffalo Coal Dundee (2015) 24 CCMA 7,1,22 also reported at […]

Lees meer.

Insubordinasie

Deur Johan Roos Vraag Wat is insubordinasie? Antwoord Insubordinasie vind plaas wanneer ʼn werknemer versuim om die gesag van sy of haar werkgewer of die gesag van ʼn persoon wat in ʼn posisie van gesag oor die werknemers aangestel is, te aanvaar. Ontslag weens weiering om ʼn opdrag uit te voer, word kragtens bylae 8 […]

Lees meer.

Poligraaftoetse

Deur Lucinda van Zyl   Vraag: Poligraaftoetse: Wat is ʼn werknemer se regte?   Antwoord: ʼn Poligraaf registreer sekere asemhalingsreaksies, sweet, kardiovaskulêre aktiwiteit en verandering in die sistoliese bloeddruk van ʼn persoon wat getoets word wanneer bepaalde vrae aan hom/haar gestel word.  Hierdie reaksies word dan deur ʼn onafhanklike operateur vertolk.   In Suid-Afrika is […]

Lees meer.

Individuele lede en arbeidsregtelike voordele

Deur Gerhard Hildebrand   Vraag Geniet individuele lede van Solidariteit, wat nie by ʼn kollektiewe werkgewer werksaam is nie, enige arbeidsregtelike voordele?   Antwoord Solidariteit se Regsafdeling spits hom spesifiek daarop toe om individuele lede in arbeidsregtelike dispute van raad te bedien en by dispuutbeslegtingsforums te verteenwoordig. Die Regsafdeling verskaf verder ook bystand aan die […]

Lees meer.

Onbillike arbeidspraktyk: prosedurele billikheid?

Artikel 188 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) skryf die vereiste van “prosedurele billikheid” spesifiek voor ten opsigte van die ontslag van ’n werknemer. In die geval van onbillike arbeidspraktyke is daar ongelukkig geen statutêre verwysing na die rol wat prosedurele billikheid hierby speel nie. Uit die grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke sou mens dit […]

Lees meer.

Seksuele teistering in die werkplek

Deur Lelanie du Plessis Vraag: Ek werk sedert Maart 2013 as administratiewe klerk by ʼn maatskappy. Ek word sedert September 2014 deur die maatskappy se finansiële bestuurder seksueel geteister. Hy is die nefie van die besturende direkteur. Ek het die aangeleentheid verskeie kere met die menslikehulpbronbestuurder bespreek en die werkgewer se grieweprosedure gevolg. ʼn Vergadering […]

Lees meer.

Pos aanstellings

Deur Annika Labuschagne Vraag: Ek is nie aangestel vir ʼn pos nie en ek versoek redes vir my werkgewer se besluit, wat staan my te doen? Antwoord: Interne grieweprosedure Alle interne remedies moet uitgeput wees voordat ʼn saak vir diskriminasie, onbillike arbeidspraktyk of viktimisasie verwys kan word. Die grieweprosedure moet gevolg word as daar ontevredenheid […]

Lees meer.

Eise vir pyn en lyding weens beroepsbeserings en -siektes

Deur adv. Hanlie van Vuuren Vraag: Ek is aan diens beseer en is ingelig dat ek nie kan eis vir “pyn en lyding” nie. Is dit korrek? Antwoord: Persone wat ʼn besering aan diens opdoen, vra dikwels of hulle ’n eis vir “pyn en lyding” kan instel. Die antwoord op hierdie vraag is nee. Die […]

Lees meer.