Deur Anja van den Berg
Derdepartymotorversekering is die minimum vlak van versekering wat mens kan kry. Hierdie versekering is ontwerp om ʼn derde party te vergoed jy hulle persoon, voertuig of eiendom beskadig het. https://www.claimhelp.co.za bied Suid-Afrikaanse verbruikers praktiese en waardevolle advies in verband met derdepartyversekeringsregte en -verantwoordelikhede.
Derdepartyversekering dek nie die koste van herstelwerk of behandeling vir jou eie skade nie; die versekering dek net die koste om die slagoffer te vergoed.
As jy betrokke was in ʼn motorongeluk of ʼn ongeluk waarby ʼn ander persoon se eiendom betrokke was en wat nie jou skuld was nie, sal jy dalk skadevergoeding van die versekerde party wil eis. Om dit te doen, moet jy probeer om die omvang van die skade wat jy as gevolg van die ongeluk gely het te bewys.
Die onus rus op jou, die eiser, om die omvang van jou verlies te bewys.
Dit is ook essensieel om daarop te let dat jy, as ʼn derde party, nie noodwendig daarop geregtig is om regstreeks van die verantwoordelike party se versekering te eis nie. In plaas daarvan moet jy regstreeks eis van die verantwoordelike party, wat op sy beurt weer enige korrespondensie en regsdokumente aan die versekeraar sal oorhandig.
Die versekeraar se plig teenoor die verantwoordelike party is om seker te maak dat hy of sy onthef word van regsaanspreeklikheid ten opsigte van die derde party se skade. Die versekeraar se regte betreffende die eis sal in die versekeringspolis met die versekerde party gestipuleer wees.
In hoofsaak is die versekeraar se doel in derdepartyversekering om die verantwoordelikheid van die versekerde party oor te neem indien hy of sy die oorsaak is van skade aan ʼn ander persoon of sy of haar eiendom.
Waarvoor kan jy eis?
Om van die verantwoordelike party te eis:
As die verantwoordelike party nie versekering het nie, of as jy die slagoffer was van ʼn ongeluk terwyl jy op ʼn openbare voertuig soos ʼn bus was, of indien jy verkies om deur die regering te eis, moet jy die Padongelukkefonds (POF) kontak.
Bronne
https://www.claimhelp.co.za/third-party/
Oops! We could not locate your form.