Is ʼn werknemer verplig om ʼn werkgewer in kennis te stel as hy of sy oortyd gaan werk?
Artikel 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes handel oor oortyd en stipuleer die volgende: “’n Werkgewer mag nie van ʼn werknemer vereis of toelaat om:
Dit is ook noemenswaardig dat werknemers wat bo die drempel bedrag van R205 433,30 per jaar verdien nie geregtig op oortyd betaling sal wees nie, behalwe as daar ʼn ooreenkoms tussen die werknemer en werkgewer is wat oortyd toelaat.
Soos vervat in artikel 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes mag oortyd slegs per ooreenkoms gewerk word. As ʼn werknemer nie kennis gee dat hy of sy oortyd gaan werk nie, breuk hul die verpligting van ʼn “ooreenkoms” tussen partye voordat oortyd kan plaasvind, en die werknemer daarvoor betaal kan word. Dit is daarom nodig vir ʼn werknemer om kennis te gee dat hul oortyd gaan werk, sodat die werknemer se ekstra werk definitief as oortyd geag kan word en hul daarvoor betaal kan word.
Dus moet beide partye (d.w.s. die werkgewer en werknemer) in kennis dra dat die werknemer oortyd gaan werk. Vanuit ʼn logiese oogpunt sal dit dwaas wees om oortyd te werk en nie die werkgewer daarvan in kennis te stel nie, want hoe moet ʼn werkgewer ʼn werknemer oortyd betaal as hy nie weet dat daar oortyd gewerk gaan word nie? As ʼn werknemer vir oortyd betaal wil word, is dit uiters belangrik om die werkgewer in kennis te stel, sodat daar ʼn ooreenkoms tussen die twee partye kan wees. Hierdie ooreenkoms sal die oortyd geldig maak en die werknemer sal dan daarvoor betaal word.
Outeur: Daniel Grove
Oops! We could not locate your form.