Teken
asseblief in

Koopkontrak

ʼn Verkoopsooreenkoms kom tot stand wanneer twee persone ooreenstem dat een van hulle die betrokke goedere aan die ander sal verkoop in ruil vir ʼn geldsom.

Voorbeelde van kontrakte :

Sodra albei partye by die onderhandeling die bedoeling het om te koop en verkoop, ooreenstem oor wat gekoop en verkoop word en die prys waarvoor dit verkoop sal word, kom ‘n verkoopsooreenkoms tot stand. Indien die een party ‘n aanbod maak wat nie deur die ander party aanvaar word nie, kom geen ooreenkoms tot stand nie.

Beide partye tot die verkoopsooreenkoms moet onbeperkte handelsbevoegdheid hê of hulle moet bygestaan word deur ‘n persoon wat onbeperkte handelsbevoegdheid het.

Die onus om te bewys dat ‘n geldige verkoopsooreenkoms nie tot stand gekom het nie berus by die party wat die ooreenkoms betwis.

  •  
  •  
  •  
  •  
Top

Registreer / Register

Maak toe / Close