Na jare van argumentering, spekulasie en litigasie bevind die hof op 15 Februarie 2013 in die gerapporteerde saak van Jennila Naidoo vs Minister of Safety and Security JS566/2011 dat die polisie se regstellende-aksieplan effektiewelik ʼn kwotastelsel is. Die Hof beskryf die plan en die implikasies daarvan soos volg:
The Equity Plan, and the affirmative action measures in particular the workforce profile and employment targets are constructed on a wrong and impermissible construct and criterion and the provisions of section 42 of the Equity Act are violated.
ʼn Indiërvrou is aanstelling in ʼn pos ontsê omdat, volgens die SAPD, daar genoeg Indiërvroue op die posvlak was en ʼn swart man aangestel moes word. Volgens die polisie se eie getuie is regstellende aksie ʼn wiskundige berekening wat soos volg deur die hof verduidelik word:
The calculation used to determine the race and gender allocation was explained as follows: 19 positions on level 14 are multiplied by the national demographic figure for a specific race group e.g. 19 positions x 79% Africans = 15 of the 19 posts must be filled by Africans, 15 x 70% = 11 positions to be filled by African males, minus the current status of seven meaning there is a shortage of four African males.
Ten opsigte van die status vir Indiërvroue het die hof die volgende te sê gehad:
For Indian females the calculation is 19 x 2,5% = 0,5 positions to be filled by Indians, 0,5 x 30% = 0,1 Indian females and that is rounded off to zero.
Die hof kom tot die gevolgtrekking dat die wiskundige wyse waarop die SAPD regstellende aksie toepas tot gevolg het dat geen Indiër- en/of bruin persoon in enige van die hoë posvlakke aangestel kan word nie, wat volgens die hof “perverse” optrede is.
Dit uitspraak versterk die moontlikheid dat Solidariteit in die hofsaak wat voor die einde van die jaar deur die Arbeidshof aangehoor sal word, daarin kan slaag om die totale regstellendeaksieplan van die SAPD ongrondwetlik te laat verklaar.
Oops! We could not locate your form.