Deur Sanette Viljoen
Feitestel: Piet en Jan begin ʼn besigheid saam. Hulle stig ʼn maatskappy en elkeen het 50% aandele. Piet gee die geld en Jan behartig die dag-tot-dag-bestuur van die besigheid. Na ʼn jaar kom Piet agter dat die besigheid nie meer winsgewend is nie en dat Jan geld steel uit die besigheid. Piet wil nie meer aangaan met die besigheid nie en wil ontslae raak van die besigheid. Wat staan Piet te doen?
Die bogenoemde feitestel het soortgelyke feite as die hofsaak van BJ de Klerk v MJ Ferreira & Andere 2017 (3) SA 502. De Klerk en Ferreira het ʼn boerderybesigheid saam bedryf. Die besigheid het grond besit en die boerderyaktiwiteite bedryf. De Klerk het in Kanada as ʼn dokter gepraktiseer en was selde in Suid-Afrika. Ferreira het die besigheid bedryf. Dit het aan die lig gekom dat Ferreira die besigheid se winste gebruik en die besigheid vir eie gewin bedryf.
De Klerk het gevolglik die hof genader op grond van artikel 163 van die Maatskappywet om Ferreira te dwing om sy aandele te verkoop. Die hof het beveel dat Ferreira die aandele moet verkoop aan De Klerk. Die hof het verder bevind dat die koopprys vir die aandele uitgewerk moet word volgens die waarde van die aandele minus die geld wat Ferreira verduister het.
De Klerk het sodoende die aandele oorgeneem en ook inderwaarheid die geld wat Ferreira verduister het verhaal.
Artikel 163 van die Maatskappywet is ʼn kragtige hulpmiddel vir aandeelhouers wat benadeel word in ʼn maatskappy.
Oops! We could not locate your form.