Pasop om jou huurkontrak te verleng en dan binne die definisie van ʼn langtermynhuurkontrak te val
Deur Sanette Viljoen
ʼn Langtermynhuurkontrak is ʼn kontrak vir ʼn tydperk van 10 jaar of langer. Hierdie kontrakte moet geregistreer word teen die eiendom se titelakte. Om die registrasie van ʼn langtermynhuurkontrak te vermy, word baie huurkontrakte gesluit vir ʼn termyn van 9 jaar en 11 maande. Mag ek in my kontrak van 9 jaar en 11 maande ʼn klousule insit wat die partye die opsie gee om die kontrak te verleng? Sodoende huur die huurder vir 9 jaar en 11 maande met die opsie op nog 5 jaar en vermy dan die registrasieproses van die huurkontrak. Is dit wettig?
Die termyn wat uitgewerk word om te bepaal of die huurkontrak geregistreer moet word teen die titelakte al dan nie, sluit die opsietydperk in. Byvoorbeeld, as die kontrak vir 9 jaar en 11 maande is, plus ʼn 5-jaar-opsie-tydperk, is die kontraktermyn 15 jaar en dan geld die wet dat die kontrak geregistreer moet word.
Die idee agter die registrasie van langtermynhuurkontrakte is om te vermy dat groot stukke landbougrond verdeel word in ʼn klomp klein onekonomiese stukkies grond waar mens nie behoorlik kan boer nie. Omdat die termyn so lank is, is die eienaar dan eintlik besig om die grond op te sny. Dit is dieselfde beginsel wat die Wet op Onderverdeling van Landboudgrond toepas om te verhoed dat landbougrond onderverdeel en in klompe klein onekonomiese stukkies grond verkoop word.
Oops! We could not locate your form.