Enige persoon wat bo die bogenoemde limiet is tydens ’n blaastoets of bloedtoets vir alkohol by ’n padblokkade, kan gearresteer word op ’n klagte van bestuur onder die invloed van alkohol. Jy is nie geregtig om die toets te weier nie. Indien jy die toets weier, pleeg jy ʼn misdaad en dieselfde straf kan aan jou opgelê word as dié van bestuur met ʼn bloedalkoholvlak bo die voorgeskrewe beperking.
Die polisiebeampte is wetlik verplig om die gearresteerde persoon na ʼn geregistreerde mediese praktisyn te neem indien bloedtoetse geneem moet word. Die polisiebeampte mag die nodige geweld toepas om die persoon te dwing om ʼn bloedmonster te verskaf.
ʼn Blaastoets of bloedtoets vir alkohol moet geneem word met ʼn inkriminerende uitslag voordat ʼn regmatige arrestasie kan plaasvind. Volgens ʼn onlangse uitspraak in die Appèlhof kan die polisie nie ’n motoris regmatig arresteer in die afwesigheid van so ’n toetsresultaat nie. Arrestasie mag nie plaasvind waar die beampte se vermoede slegs gebaseer is op “die blote feit dat hy effens na alkohol ruik” nie.
By vervolging van die misdaad van bestuur met die bloedalkoholvlak bo die voorgeskrewe beperking, moet daar bewys word dat die konsentrasie alkohol in enige bloedmonster van enige deel van die liggaam van die betrokke persoon meer as 0,05 g per 100 ml was te eniger tyd binne twee ure nadat die beweerde oortreding plaasgevind het.
By vervolging van die misdaad van bestuur met die asem-alkoholvlak bo die voorgeskrewe beperking, moet daar bewys word dat die konsentrasie alkohol in enige asemmonster van die betrokke persoon meer as 0,24 mg per 1 000 ml was te eniger tyd binne twee ure nadat die beweerde oortreding plaasgevind het.
i) Wat is my regte indien ek in hegtenis geneem is vir dronkbestuur?
Oops! We could not locate your form.