• Teken in
  • As dit ’n noodsituasie is, skakel 10111 sodat jy dadelik deur die polisie bygestaan kan word. Indien dit nie ’n noodsituasie is nie moet jy so gou as moontlik die saak by jou naaste polisiekantoor gaan aanmeld. Lê ’n verklaring af oor die gebeure wat plaasgevind het. Die polisiebeampte wat jou help, moet vir jou ’n MAS-nommer gee vir die saak. Bewaar hierdie MAS-nommer en skryf ook die beampte wat jou gehelp het se naam en rang neer. ’n Klaer het die reg om te weet hoe die saak vorder. Jy kan dus te eniger tyd die polisiekantoor skakel en navraag doen oor die vordering van die saak.

    Die klaer moet die polisiebeampte laat weet indien sy adres of telefoonnommer verander, as hy vir ’n geruime tyd weggaan, as hy nuwe inligting bekom, wanneer hy geïntimideer word deur die beskuldigde of lede van sy familie, of wanneer hy geld aangebied word om die saak terug te trek.

    Die polisie moet die saak ondersoek en die dossier vir die staatsaanklaer voorberei. Die saak word dan voor die hof gebring en die voorsittende beampte moet besluit of die beskuldigde skuldig is of nie. Indien die persoon skuldig is en gevonnis word, is daar verskillende moontlike vonnisse, naamlik ’n boete, gemeenskapstoesig en uitstelaanhouding, tot gevangenisstraf.

    Die klaer het die reg om ingelig te word oor die beskuldigde se datum van vrylating of parooldatum. Die klaer het ook die reg om voorleggings aan die paroolraad voor te lê.

    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close