Deur Paul Mardon
Vraag:
Is daar reëls vir veiligheid en gesondheid by kleuterskole en skole?
Antwoord:
Die meeste van ons dink aan die werkplek wanneer ons van beroepsgesondheid en -veiligheid praat, maar ons vergeet soms van die veiligheid en gesondheid by plekke waar ons kosbaarste geliefdes die grootste deel van hulle tyd spandeer, nl. die skole ens. waar ons kinders bedags gelaat word. Dit is egter ongelukkig so dat kleuterskole, skole en universiteite dikwels ver tekortskiet as dit kom by die nakoming van gesondheid- en veiligheidsbeginsels en die nakoming van beste praktyke en die werkgewer se sorgsaamheidsplig.
Daar is nie spesifieke of afsonderlike wetgewing wat die veiligheid en gesondheid by skole en ander opvoedkundige instansies reguleer nie. Aangesien skole en ander opvoedkundige instansies ook werkplekke is, is die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993) ook op hierdie plekke van toepassing. ʼn Werkgewer is ingevolge hierdie wet verantwoordelik vir die veiligheid en gesondheid van alle werknemers en alle ander persone op sy werkperseel. In die geval van byvoorbeeld skole, sluit die “werknemers” alle onderwysers, skoonmakers en tuiniers in, terwyl die “ander persone op die perseel” die leerders, kontrakteurs wat op die perseel kom werk sowel as besoekers soos ouers insluit. Die wet bepaal dat ʼn “werkgewer” onder andere enige persoon is wat iemand in diens het of aan hom werk verskaf en wat daardie persoon beloon of uitdruklik of stilswyend onderneem om hom te beloon. Hierdie definisie van “werkgewer” is dus wyd genoeg om die departement van onderwys en ook die beheerliggame van skole in te sluit en hierdie beheerliggame kan dus strafregtelik en sivielregtelik aanspreeklik gehou word indien hulle sou versuim om die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid na te kom en iemand as gevolg daarvan sou seerkry by die skool. Beheerliggame blameer dikwels die staat vir ʼn gebrek aan fondse om staatskole behoorlik in stand te hou, maar hulle het ook ʼn verantwoordelikheid om te verseker dat hierdie skole veilig en gesond is vir almal op die perseel. Die inspekteurs van die departement van arbeid is ingevolge die toepaslike wetgewing bevoeg om enige skool te sluit en om boetes op te lê indien die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid nie by skole en ander opvoedkundige instansies nagekom word nie. Dit het onlangs in die Noord-Kaap gebeur toe twee skole gesluit is weens gevaarlike bedrading en die teenwoordigheid van gevaarlike asbesbevattende materiaal op die perseel.
Alhoewel dit nie altyd maklik is om fondse van die staat te kry vir die behoorlike instandhouding van staatskole nie, kan die beheerliggame van skole tog heelwat doen om hulle verantwoordelikhede ingevolge die wet na te om, soos om ʼn gesondheid- en veiligheidsbestuurstelsel by die skool te implementeer wat alle relevante aspekte dek, byvoorbeeld die volgende elemente, maar nie beperk daartoe nie:
Oops! We could not locate your form.