Die Departement van Arbeid het ingevolge ʼn sektorale vasstelling die minimum loon vir huiswerkers vanaf 1 Desember 2015 verhoog. Daar word onderskeid getref tussen huiswerkers wat 27 uur of minder per week werk en huiswerkers wat meer as 27 uur per week werk. Daar word ook onderskei tussen twee areas waar die werk verrig word. Area A lys al die munisipale areas wat gedek word terwyl Area B alle areas insluit wat nie in Area A gelys word nie. Die volledige lys is op die Departement van Arbeid se webblad beskikbaar.
Die minimum loon wat vanaf 1 Desember 2015 van toepassing is:
Huiswerkers wat 27 uur of minder per week werk:
Area A | Area B | |
Uurlikse loon | R13,39 | R12,07 |
Weeklikse loon | R361,50 | R325,98 |
Maandelikse loon | R1 566,35 | R1 412,49 |
Huiswerkers wat meer as 27 uur per week werk
Area A | Area B | |
Uurlikse loon | R11,44 | R10,23 |
Weeklikse loon | R514,82 | R460,15 |
Maandelikse loon | R2 230,70 | R1 993,82 |
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (No. 75 van 1997) se definisie van huiswerkers sluit in tuinwerkers, motorbestuurders van private huishoudings en ʼn persoon wat na ʼn kind, siek persoon, bejaarde persoon of verswakte of gestremde persoon omsien. Werkers in hierdie kategorie moet dus ook ingevolge die sektorale vasstelling vergoed word.
Outeur: Gerhard Hildebrand
Oops! We could not locate your form.