Wanneer kan iemand polisieborgtog kry as hy buite hoftyd gearresteer word?

Vrydag, Februarie 3rd, 2017

Sanette Viljoen

 

Enige persoon wat in hegtenis geneem word, moet so gou moontlik na ‘n polisiestasie geneem en ingelig word van sy of haar reg om vir borgtog aansoek te doen. Die persoon moet binne 48 uur na sy of  haar inhegtenisname voor ‘n hof gebring word. Indien die 48-uur-tydperk buite gewone hoftyd verstryk, moet die persoon op die eersvolgende hofdag verskyn.

‘n Persoon se prokureur kan ook in sekere kleiner misdade vra dat hy of sy op polisieborgtog vrygelaat word. Die persoon hoef dan nie in aanhouding te wag om in die hof te verskyn vir ‘n borgtogaansoek nie.

In gevalle waar iemand aangekla word van misdade soos dié hier onder, kan ‘n prokureur met die ondersoekbeampte reël dat die persoon voor die eerste hofverskyning op polisieborgtog vrygelaat word. Die SAPD kan borgtog vasstel vir die volgende misdade:

  • aanranding
  • diefstal, indien die waarde van die gesteelde goedere minder as R2 500 beloop
  • crimen injuria (strafbare laster)
  • die besit van ‘n klein hoeveelheid dagga
  • dronkbestuur
  • roekelose of nalatige bestuur

 

Daar is egter sekere misdade waarvoor die SAPD nie polisieborgtog sonder die toestemming van die staatsaanklaer mag toestaan nie. Dít kan soms polisieborgtog vertraag aangesien die staatsaanklaer dalk nie dadelik beskikbaar is nie. Vir die volgende misdade is die staatsaanklaer se toestemming vir borgtog nodig:

  • openbare geweld
  • strafbare manslag
  • bestialiteit
  • aanranding met die opset om ernstig te beseer
  • brandstigting
  • huisbraak
  • opsetlike saakbeskadiging
  • roof sonder die gebruik van ‘n wapen, mits die waarde van die buit minder as R20 000 beloop
  • diefstal van goedere waarvan die waarde minder as R20 000 beloop
  • die besit van onwettige dwelmmiddels
  • bedrog, vervalsing of afpersing indien die betrokke bedrag minder as R20 000 beloop

 

As iemand van die volgende misdade aangekla word, kan slegs ‘n hof borgtog vasstel, en slegs gedurende gewone hoftyd:

  • moord
  • verkragting
  • misdade van ‘n seksuele aard, gepleeg teenoor ‘n kind of verstandelik gestremde persoon
  • handeldryf in mense vir seksuele doeleindes
  • gewapende roof
  • diefstal, die ontvangs van gesteelde goedere, roof, bedrog of vervalsing indien die betrokke bedrag meer as R20 00 beloop
  • die onwettige besit van of handeldryf in edelmetale of -stene
  • ontvoering
  • menseroof
  • intimidasie
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Kan ek erf as ek nie wettig aangeneem is nie?
Sanette Viljoen   Sannie is ’n enigste kind en word grootgemaak deur ouers wat nie haar biologiese ouers is nie. Alhoewel sy hulle as haar ware ouers beskou, het hulle haar nooit wettig aangeneem nie. Albei haar ouers is sieklik en besit nie ’n testament nie. Sannie is bekommerd dat sy hulle besittings sal verloor […]
Die doel van verklarings of beëdigde verklarings by verhore
Johan Nell   ʼn Verklaring is niks meer nie as ʼn weergawe van gebeure en kan die waarheid wees of nie en is nie onder eed of affirmasie nie, terwyl ʼn beëdigde verklaring onder eed of affirmasie voor ʼn kommissaris van ede afgelê is en voorgee om die waarheid te wees. Nou moet ons kyk […]
Is jou ‘domicilium’ slegs jou adres?
Sanette Viljoen Elke persoon wat al ’n kontrak geteken het of ʼn vorm ingevul het, het op die klousule domicilium citandi et executandi afgekom. Selfs die eenvoudigste vorms, soos die vorm by jou eerste doktersbesoek, bevat hierdie klousule. As ’n persoon gevra sou word wat hierdie frase beteken, is die mees algemene antwoord: “Dit is […]
1 2 3 44