Deur Sanette Viljoen
Wanneer ’n persoon onroerende eiendom koop, word daar altyd gevra wat se items gesien word as permanente aanhegting en word dus dan ingesluit in die koop. Baie mense was al teleurgesteld nadat hulle ’n huis gekoop het en die verkoper het sekere items verwyder wat hulle aangeneem het was deel van die koop. Die toonaangewende gesag op hierdie gebied is die saak van MacDonald Ltd v Radin NO and the Potchefstroom Dairies & Industries Co Ltd 1915 AD 454.
In hierdie saak is bevind dat daar drie vrae is wat gevra moet word om te bepaal of iets ’n permanente aanhegting tot ’n huis is:
Die sleutelvraag en ook die belangrikste van die bogenoemde drie is wat was die bedoeling van die eienaar toe hy die item aangebring het? Was die bedoeling dat dit permanent aangeheg word?
Daar is ’n beslissing in die ou Transvaalse afdeling wat bepaal het dat ’n stoof ’n permanente aanhegting was en nie verwyder mag word nie, maar in Natal se howe was hierdie beginsel nie toegepas nie en kon die verkoper sy stoof uithaal en saam met hom neem.
Daarom is dit belangrik om altyd te vra wat die bedoeling was toe die item aangebring was. Is die stoof in die muur ingebou en die uitleg van die kombuis van so aard dat slegs daardie stoof daar sal pas, of is dit ’n losstaande stoof?
Daar is ook omstandighede waar losstaande items gesien kan word as permanente aanhegtings. Hier is ’n paar voorbeelde van permanente aanhegtings, losstaande of nie, op die basis dat dit wesenlike bykomstighede is:
Oops! We could not locate your form.