Deur Sanette Viljoen
Nie-Suid-Afrikaanse burgers wat in Suid-Afrika woon, Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland woon, en Suid-Afrikaanse burgers wat in Suid-Afrika woon maar buite Suid-Afrika getroud is, kan almal moontlik in Suid-Afrika aansoek doen om ʼn egskeiding.
Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing word jurisdiksie oor jou egskeiding nie bepaal deur jou of jou gade se nasionaliteit of deur die land waarin jy getroud is of selfs die land waarin jy en/of jou gade tans woon nie. Jurisdiksie is gebaseer op waar jy en/of jou gade gedomisilieer of gewoonlik woonagtig is ten tyde van die instel van die egskeiding.
Domisilium (of domisilie) en verblyf is regsbegrippe wat moeilik kan wees om te definieer en van mekaar te onderskei, maar dit is nodig om dit te doen om te bepaal of Suid-Afrikaanse howe jurisdiksie oor jou egskeiding het.
Domisilium
In eenvoudige terme is jou domisilie die plek wat jy en/of jou gade as julle permanente tuiste beskou. Dit word gedefinieer as die plek waar ʼn persoon wettig teenwoordig is en waar hy die bedoeling het om hom vir ʼn onbepaalde tydperk te vestig.
Verblyf
Om jurisdiksie op grond van verblyf te vestig, word daar vereis dat jy en/of jou gade fisies in Suid-Afrika teenwoordig moes gewees het vir ʼn tydperk van minstens een jaar onmiddellik voor die instelling van die egskeidingsaksie.
Domisilie en verblyf kan op twee verskillende plekke wees, byvoorbeeld:
Dirk is in Suid-Afrika gebore en het ʼn huis en gesin in Suid-Afrika. Hy besluit om vir twee jaar op ʼn vastetermyndienskontrak na Nederland te verhuis, waarna hy van voorneme is om na Suid-Afrika terug te keer. Dirk is dus in Suid-Afrika gedomisilieer, maar woonagtig in Nederland.
Egskeidingsgedinge kan in Suid-Afrika ingestel word in die volgende gevalle:
Oops! We could not locate your form.